Thursday, April 13, 2017

TRADITIONELE TUISGEMAAKTE HOT CROSS BUNS



 TRADITIONELE TUISGEMAAKTE HOT CROSS BUNS
‘n Nuwe eerste vir my: Hot Cross Buns – sonder ‘n cross!

















480 gram koekmeel
30 gram kitsgis
100g bruinsuiker
5 ml kaneel
5 ml neutmuskaat
1 ml gemengde speserye
Ruim knippie sout
3 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
Skil van 1 suurlemoen
Skil van 1 lemoen
3u5 ml melk
45 ml botter
2 eiers
5 ml vanilla ekstrak
135 g ram sultanas en rosyne
Vir die kruis (wat ek nie gemaak het nie):
125 g ram koekmeel
75 ml water
Vir die glasiersel:
65 ml goue stroop
65 ml kook water

Meng die meel, gis, bruinsuiker, kaneel, neutmuskaat, gemengde speserye, sout, bakpoeier, koeksoda, skil en gedroogde vrugte saam in ‘n groterige mengbak.
Verhit die botter en melk saam tot die botter gesmelt is. Klits die eiers liggis saam met die vanilla en meng by die melk mengsel in. Giet alles by die droƫ bestandele.

Meng die deeg tot dit alles begin saam kom. Knie vir 10 minute tot die deeg nie meer aan jou hande vas klou nie. Bedek met kleefplastiek en sit in ‘n warm plek om te rys tot dubbel in groote vir 1½ uur.
Knie die deeg af tot oorspronklike grootte. Vorm 12 (of 16) rolletjies van dieselfde grootte.
Plaas die rollerjies op ‘n gesmeerde bakplaat. Los genoeg plek om te rei. Bedek weer met kleefplastiek en los vir 30 minute om te reis.

Voorverhit die oond solank tot 180°C.
Nou die deel wat ek uitgelaat het. Meng die meel en water vir die kruis om ‘n gladde pasta te vorm en sit in ‘n spuitsak/plastieksakkie. Spuit ‘n kruis oor elke rolletjie.
Bak vir 15 minute tot die rolletjies goudbruin is en deurgebak is.
Maak solank die glasiersel deur die stroop en kookwater te meng.

Kwas die glasiersel oor die rolletjies terwyl dit warm is sodra dit uit die oond kom – sommer so 3 of 4 keer.

FOTO: Wayne Dugmore
NOTA: Ek sal volgende keer my rolletjies nader aan mekaar pak.

Resepte Blog   http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog  http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Web-site    www.liplekker.co.za   Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes   

RESEP AANGEPAS VAN: https://taste.co.za/recipes/traditional-hot-cross-buns-2/

Recipes – with the word.doc

No comments:

Post a Comment